Bravo November Radio Network

Betalings aan die Bravo November Radio Netwerk (BNRN) is van tyd tot tyd nodig, daarom begin ons eerstens met details van ons Bankrekening.
 

Ons bankrekening   kan nie tjeks aanvaar nie,  Bravo November Radio Netwerk (BNRN),
Bank:    Hartbeespoort
Taknommer: 
250044
Rekening nommer:   62319617405

The initiative to start a community radio network in Hartbeespoort has bared fruit. 

Die inisiatief om 'n Radio netwerk beskikbaar te maak wat die Hartbeespoort area bedien is 'n gesamentlike poging tussen sommige plaaslike Buurtwagte. Indien iemand belangstel om 'n lid van die Radio Netwerk te word, registreer op hierdie webwerf, en jy sal toegang verkry tot die aansoekvorm wat ingevul en onderteken moet word. Ons reel ook gewoonlik dat jy persoonlik gekontak word om seker te maak dat die registrasie inligting by jou uitkom.

DEKKINGSAREA EN TEGNOLOGIE: Die Radio netwerk behels die volgende:

  • Daar is 'n herhalerstasie ge-installeer wat goeie dekking oor die hele gebied verskaf. Elke netwerk lid moet 'n tweerigting radio aankoop. Die aankoop word deur 'n Netwerk-koordineerder by een van ons verskaffers gereel. Jy kan ook jou eie radio aankoop en inbring vir programmering. (die radio moet egter aan die minimum voorwaardes voldoen, dit is in die VHF band)
  • VHF tegnologie word gebruik. Die besluit is geneem na bestudering van opsies, funksies, dekkings doelwitte en bekostigbaarheid

RADIO KANALE EN BEDRYFSPROSEDURE: Die Buurtwag netwerk se radios word geprogrammeer op 4 kanale, en het ook 'n NOODSEIN vermoë: Ons verander die gebruik van kanale soos deur prioritiete bepaal, van tyd tot tyd.

  • Kanaal 3: ONS BEDRYFSKANAAL - Hierdie kanaal word deurentyd gemoniteer. Dit word gebruik vir daaglikse register (roll-call) om 8 uur die aand, en kan deur die nag vir operasionele kommunikasie gebruik word
    • Deur die dag tot en met 9 uur saans (21:00) is hierdie ons BEDRYFSKANAAL vir alle kommunikasie
    • Deur die nag, tussen 9 uur saans (21:00) tot 5 uur (05:00) die volgende oggend is hierdie ons NOODKANAAL wat net in geval van NOOD gebruik moet word. Hierdie kanaal word deur 'n groot aantal lede gemonitor wat dus dadelik kan reageer en hulp verskaf in die geval van nood.
  • Kanaal 4: ONS LAATNAG PATROLLIEKANAAL - hierdie kanaal word deur die nag vir direkte skakeling met patrollies waar verdagte situasies voorkom. Patrollies kan ook die kanaal benut om met mekaar te skakel. Sommige van die sekuriteits-organisasies monitor hierdie kanaal deurnag.
  • NOODSEIN: Die Kirisun PT 5200 VHF model (en sommige ander radio-modelle) het 'n noodsein wat ge-aktiveer kan word en wat die kode van die radio deurstuur aan die BRAVO NOVEMBER Beheerder wat reageer deur hulp te koordineer wat deur Buurtwaglede en reaksiemagte gegee kan word, en waar nodig ook die SAPS se hulp kan inroep. Hierdie noodsein word slegs gebruik indien die Radio eienaar nie in staat is om gewoon op die radio in te roep en die aard van die nood deur te gee nie. 

Prosedures en opleiding vir die gebruik van die radios is beskikbaar.

KANAALVERANDERINGS - ENKODERING:

Ons het vir 'n toetstydperk een van ons radiokanale (kanaal 1) enkodeer sodat roofluisteraars nie daarop kan inskakel nie.  Hierdie funksie is steeds beskikbaar maar word nie so gebruik nie. Indien ons voel dit is nodig, sal ons dit in die toekoms weer implementeer.

REGISTER (ROLL CALL)

Daar word elke aand register bygehou, met 3 doelwitte:

  • Dit bevestig lede se beskikbaarheid vir enige probleme of ondersteuning deur die nag.
  • Dit bevestig dat die lid se radio werk (battery is gelaai, ens). Ons kan kwaliteit van ontvangs en versending in spesifieke areas monitor.
  • Lede kan na afkondigings en inligting van belang luister en op hoogte bly, afkondigings is elke aand 8 uur

Ons het ons register wat elke aand plaasvind meer vaartbelyn gemaak en lede kan tussen half-8 en 8 uur aanteken deur bloot net die send-knop van die radio vir 'n oomblik in te hou, en sy roepsein word dan as "teenwoordig en beskikbaar" geregistreer.  

KOSTES: Om 'n lid te word is geen gelde betaalbaar nie, en daar is ook geen ander fooie betaalbaar nie.

  • Die kapitaalkoste van die herhalerstasie en ander toerusting wat die radio-netwerk benodig is vereffen. Daarom is 'n donasie wat die infrastruktuur befonds het afgeskaf, en die netwerk is in staat om sake soos versekering van die toerusting koste-effektief te hanteer. Ons mag van tyd tot tyd veroeke vir donasies doen, indien die netwerk fondse vir kapitaal of bedryf benodig.
  • 'n VHF Radio moet aangekoop word (wat met die Netwerk Bestuur gereel word) , die radio word geprogrammeer op die Buurtwag Netwerk se frekwensie deur die Netwerk-koordineerder.
  • Ons aanbeveling is dat 'n VHF radio met "unieke kode versending" (Caller ID) aangekoop word.
  • Indien u 'n radio op 'n ander manier of by 'n ander verskaffer bekom is 'n eenmalige programmerings fooi van R100-00 betaalbaar om die frekwensies te laat programmeer
  • Om die lisensiëring van die Buurtwag radionetwerk by ICASA (Independent Communication Authority of SA) in stand te hou, is 'n jaarlikse fooi betaalbaar. Hierdie lisensiefooi verhaal ons nie van gebruikers nie.
  • Vir spesifieke projekte mag ons van tyd tot lede versoek vir 'n bydrae tot die projek. Voorbeelde is straatnaam projekte, en dies meer
  • Ons dienswilliges is vrywilligers, en kry nie vergoeding vir hulle dienste nie.

HOE OM AAN TE SLUIT: Registreer op hierdie webwerf (sien skakel bo vir registrasie, volg die proses en gaan dan na die Schoemansville Buurtwagskakel vir die aansoekvorm en kontrak wat onderteken moet word).

Indien jy met iemand wil skakel om jou met aansluiting te help of tegniese sake, kontak Johan Jordaan johan.jordaan60@gmail.com, 0832931921

GRONDBEGINSELS VAN ONS BRAVO NOVEMBER RADIO-NETWERK:
  1. NIE-WINSGEWEND MET GEEN MAANDELIKSE FOOI!! Die netwerk word op 'n nie-winsgewende basis bedryf.
  2. Alle lede en dienswilliges wat deelneem doen dit op n vrywillige basis sonder vergoeding.
  3. Die netwerk fokus op die opbou en instandhou van sy kapitaal bates om die radio-netwerk te ondersteun, en kontrakteer met buurtwagte en ander organisasies vir hulp en ondersteuning waar hulp en ondersteuning nodig is. Daar mag van tyd tot tyd hulpmiddels en gebruiksmateriaal in die proses aangekoop en verskaf word vir ondersteunende aktiwiteite. (soos bv. vir paramedics)
  4. Die Netwerk gee ondersteuning op 'n "best effort" basis en moet nie soos 'n kommersiele sekuriteits maatskappy gesien word wat dienste teen vergoeding aanbied nie.
  5. VOLHOUBAARHEID!! sal altyd in ag geneem word en alle besluite vir netwerk prosedures, bates, aankope, bestuur en bedryf sal altyd teen die volhoubaarheidsdoelwit gemeet word.
  6. Die Bedryf en bestuur van die BN Netwerk word omskryf in 'n Bestuursplan (Konstitusie), wat op datum gehou word. Hierdie Bestuursplan is die riglyn vir die daarstel van die bestuurspan, beplanning en implementering ("governance")